Monday, 5 November 2012

"sanity-savers" vir die rowwe dae

ek weet daar is die dae wat mens net verstom staan oor hoe goed als verloop...
die kinders is lus vir die pap wat jy gee...
hulle is opgewonde oor die klere wat jy uit die kas haal...
hulle geniet en neem ywerig deel aan als wat jy voorstel...
eet middag ete met 'gusto' en vat sowaar AL DRIE GELYK 'n middagslapie...!

maar dan is daar mos daai dae(weke) wat als net skeef loop, skeef sit en skeef le!

ek het 'n paar "sanity-savers" wat ek uit my hoed pluk (partykeer sommer so een na die ander) as dinge rof begin gaan...

1. YSIES 
PEPS het sulke oulike en GOEDKOOP popsicle bakkies wat baie goed werk vir ons...die grootte is perfek vir my drietjies 

 
ons vat elkeen 'n ysie en gaan sit onder die bome of op die trampoline...

maar jy hoef nou nie uit te storm en bakkies te gaan koop...gewone ysbakkies werk net so goed...vir klein babsie amper beter...en jy hoef ook nie koeldrank of melkysies te maak...my kinders raak net so opgewonde oor water ysies!



2. TEE-partytjie
hierdie idee het 'n vriendin (dankie Esme!!) vir my gegee...


ons maak 'n pot tee, sommer met melk en suiker/heuning klaar by (as jou geduld en energie dit toelaat kan jy dat hul self melk en suiker ingooi) 
en dan gaan sit ons iewers en drink tee (hannes kry sy eie koppie as ons buite sit)



van ons gunsteling plekke is: onder die eetkamer tafel, in die tent (in die kamer of buite) of op 'n kombers onder die bome. ek gebruik dan sommer die geleentheid om bietjie etiket(nie slurp en burp) te leer, maar my oudste het bietjie afblaas en lawwe tyd nodig so dan hou ons milo-party en dan is die enigste reel dat ons dit moet geniet!

3. DANS en SING
 met die radio lekker hard... dans en sing ons, ons harte en frustrasies uit!

4. BOEK LEES
ons lees elke aand, maar ek sal hierdie graag nog meer wil doen, die kinders(en ek) geniet die tydjie op die bank/bed darem baie!


5. KLEI SPEEL
daar is amper altyd 'n plastieksakkie selfgemaakte klei in die yskas...ek het n emmertjie met drukkers en gee vir elkeen 'n smeermes om te sny of 'n sosatiestokkie (hannes speel gewoonlik op die vloer met die ekstra koekiedrukkers in die emmer) en hulle speel so lekker soos 'n peanut butter en stroop broodjie! dis 'n wonderlike aktiwiteit om die kiddies besig te hou terwyl ek gou die kos klaarmaak of net gou iets wil afhandel...die slag as ek myself sover kan kry om net te stop en saam te speel is dit die heel lekkerste vir ons almal!

6. GAAN STAP
wanneer dit moontlik is, is hierdie 'n wonderlike manier om net weer te 'regroup'. ek weet nou al my kids gaan wil klippies optel, so hulle trek sommer die blou skottel-waentjie saam en dan kan hulle na hartelus oplaai. 

ek probeer om dan maar te stop vir elke grassie, blommetjie, gogga, voeltjie-spoor...en klippie...om net rustig in die oomblik saam hul te wees.  as jou tyd en energie min is, is net 'n rondte deur die tuin partykeer al klaar genoeg!

7. WATER
jy hoef nie duisende liters water te gebruik of 'n swembad te he ...
'n vyf liter roomysbak en 'n koppie en teelepel vir elkeen is genoeg om hulle vir 'n hele tydskrif en koppie koffie/tee lank besig te hou ;) 

ons het nie 'n swembad waar ons nou bly, so ek gee vir elkeen 'n skottel - het 'n wonderlike ou sinkbad vir ousus!  hulle kan dan na hartelus in en uitklim (hannes se gunsteling) of spring en plas en "hare-was". as buite moeilik is kan jy 'n bietjie water in die bad tap (3-5cm) en hulle insit met plastiek koppies en lepeltjies of plastiek poppies wat gebad kan word. MET WATER IS DIT BELANGRIK OM MAAR HEELTYD TOESIG TE HOU.


8. NAELS VERF
ek weet hierdie is dalk 'n 'girls only' maar ek moet dit noem, want my twee dogtertjies LOVE dit! vir my is dit wonderlik om weer na hulle klein vingertjies en toontjies te kyk (en te soen) en hulle klein baba voetjies te onthou. ek sny dan sommer weer die naeltjies em velletjies soos nodig. Hulle wil nou begin self verf maar ek laat dit net so nou en dan toe ;)

die volgende twee aktiwiteite bere ek vir die dae wat my energie en geduld genoeg is om dit saam met hulle te GENIET eerder as om dit te doen en dan heeltyd kwaai te wees

9.KOEKIES VERSIER 
met kolwyntjies, muffins, tuisgebakte koekies of selfs marie beksuitjies doen!

ek maak versiersuiker in lekker helder kleure aan (met water of botter...afhangend van wat ons versier) en skep dan die versiersuiker in klein plastiek sakkies...mens kom eitlik baie ver met min, so dit hoef nie baie te wees as jy versigtig is vir te veel suiker - 'n teelepel per kleur meer as genoeg...byt dan sommer (kan dit sny met 'n skertjie as jy meer 'proper' wil wees) die een onderste hoekie af en druk die versiersuiker deur die gaatjie...ek gee ook gewoonlik bietjie silwer balletjies, vermicilli of wat ookal beskikbaar is!

10. VINGERVERF
eintlik is ek mal oor hierdie aktiwiteit...

 
maar die logistieke met baba-boetie maak dat ek nog net vir hierdie aktiwiteit kans sien as hy slaap. maak maizena-pap aan (soos wat jy witsous sou maak, maar net met water) en dan gooi ek kleursel by...ek skep dit dan sommer in bakkies met n lepetjie in elk en dan skep ons die verf op ons blaaie - 'n gunsteling is "verassing-prentjies' waar jy verf op een kant drup en dan die blaai toevou en weer oopmaak. 

'n ander idee is om die 'verf'' in ziplock sakkies te gooi en dan kan hulle met hulle vingers teken en weer die prentjies uitvee - 'n 'skooner' opsie vir n reenerige dag as jul binne moet werk. die twee girls verf gereeld met gewone verf en kwassies ook...ek het n voorraad ou papier en 'n 'toolbox' met verf-supplies en hou dit byderhand om vir hul uit te haal as hul vra om te verf - dis dalk 'n bietjie moeite (die uithaal en skoonmaak) maar so die moeite werd as ek kan kos maak of op die telefoon praat, sonder dat die huis afgebreuk word

watter ander "sanity-savers" het jy in jou hoed? watter deel van die dag is gewoonlik vir jou die moeilikste?

7 comments:

  1. Dis oulike idees, ek weet net nie mooi van die skeermes wat klei sny nie, maar glo darem die lem is uit:-)Wat ook oulik is en hulle ure besig hou en nie 'n gemors is nie, is as jy net skoonwater gee met kwasse. Hulle kan die huis, die hond die kar alles verf sonder om skade aan te rig!

    ReplyDelete
    Replies
    1. Ja!!!! Het vergeet vam huisverf met water! My kids luv dit!

      Skeermes? O nee! sMeermes molla!moes seker eerder gese het stomp bottermes?

      Delete
    2. Hi ek hou my toddler (vandag 14 mnde) besig met die vlgde!
      1)'n bak ongekookte rys (gee houertjies kan rys van 1 houer na ander gooi) of steek klein speelgoed soos ping pong balletjies, diertjies etc daarin weg (how vacuum cleaner byderhand!!! Vet pret!
      2)Love bubbles (daai gel balletjies wat mens vir indoor plante gebruik) sit saam skeerroom - vet pret
      3) Skeerroom op spieel of tafel
      4)2 minute noodles (as baba baie geniet)
      5)Jelly om mee te speel (veral as baba - van hulle kan sit werk lekker (hou dummy byderhand as jy nie iets wil mond toe gaan - veral met daai love bubbles -moet altyd onder supervisie gedoen word)
      6) Rasper sunlight seep en gooi dan kookwater oor (dit raak slimey en gooey) gooi oor tafel of skinkbord - my toddler (vandag :) 14 mnde )love dit!
      7)Vingerverf def gunsteling
      8)Vir ouer kinders sit lego in verf druk patrone
      9) Oulikste een wat ek nog gesien het (pinterest) gaan def doen as sy ouer is melk en koekleursel verf partone op toast en toast dit ----hoe awesome is dit!!!!!!

      Delete
    3. Dankie vir al die oulike idees! Gaan hulle almal uitprobeer! Ja, mens kan baie oulike goed met love bubbles (cool naam)doen! Gaan die toast een sommer more vir middag ete probeer! Dankie vir jou deelname!

      Delete
    4. Hi Leandri ek het vanoggend weer die sunlight groen koekie seep wat jy dan weer smelt met kookwater gedoen net waarskuwing dit is seep glad (natuurlik) so close supervision is nodig en doen eerder op tafel dan kan hul handjies daarin vryf ek het vanoggend met skinkbord op grond gedoen en sy love dit so toe ek weer sien is sy binne skinkbord maar die vloer was vrek glad daarna en nogals lank gevat om dit weer veilig te kry vir die huishouding :) maar was def LEKKER!

      Delete
  2. Plesier!!! Ek wil baie groot asb fotos van die "toastartwork" sien Leandri :)Nounet jou goeie herder inskrywing ook gelees! :) lyk my ek gaan 'n gereelde leser van jou "blog" word XXXX

    ReplyDelete
  3. Agge nee, ek mis nou alles. Sien nou eers die comments! Is daar nie 'n manier hoe mens notification of iets kan kry as ander kommentaar lewer nie?
    O, ja, oor die skeermes, sorry, oë word lyk my ook swakker, ai tog die ouderdom, hahaha!

    ReplyDelete