ek het die laaste week en 'n half 'n paar keer voor die rekenaar kom sit om iets te skryf...
ek wou jou vertel van my 5jarige wat tantrums in die winkel gooi wat enige 2jarige sal laat skaam kry...van wat die tantrums my geleer het...oor die neerlê van "my idee van perfek'...
maar niks wou vloei en reg klink nie...
gister was ek by 'n vroue tee en het ek 'n boodskap gehoor wat hierdie sukkelende mamma so VRY gemaak het en weer moed gegee het om aan te gaan...
ek gaan nie die hele boodskap nou hier deel...miskien kry ek later 'n kans...
maar vanaand, mamma-vriendin wil ek vir jou sê...Jesus is jou GOEIE Herder (Johannes 10:11)
wat dit vir my op die oomblik beteken is dat Hy KLAAR betaal het, KLAAR voorsiening gemaak het vir al die areas waarmee ek sukkel en waarin ek faal...hoe wonderlik is dit nie!
my vermoë laat my heeltemal in die steek om hierdie reg te verduidelik, so ek wil graag 'n ou bekende Psalm oor jou bid...mag Heilige Gees jou bedien wanneer jy dit lees!
Liewe Mamma-vriendin, die Here JESUS is jou GOEIE Herder...
in die neerlê van Sy lewe(Joh10) het Hy alles voorsien, sodat daar NIKS sal wees wat jou ontbreek nie, sodat daar GENOEG genade is vir jou dat jy môre oggend (en elke oggend) weer sal kan opstaan en weer sal kan probeer...om 'n mamma te wees...om 'n vrou te wees
Hy lei jou, liefste vriendin, na groenweilvelde, na waters waar daar rus is...jou tênkie voel dalk leeg en jou oë seer van die min slaap...mag jy vanaand(vanoggend) onthou dat hierdie ook net 'n kort seisoen is in jou en jou kinders se lewe...mag jy ervaar en sien hoe hy jou lei na groenweivelde...'n koppie koffie saam met n goeie vriendin, 'n onverwagte aanbod om die kinders op te pas, die kinders wat wonderbaarlik almal vroeg aan die slaap raak!
Hy gee jou NUWE krag..as jy voel dat jy aan die einde van jou draad gekom het...dat daar NIKS meer is om te gee...mag jy voel hoe Sy krag jou kom versterk, dat as jy terug kyk dat jy sal weet dis net Hy wat jou deurgedra het...dat jy 'n getuienis sal hê van Sy voorsiening vir jou!
Hy lei jou op die pad van GEREGTIGHEID, tot eer van Sy naam...as gevolg van die prys wat Jesus betaal het, staan ons geregtig...geregverdig voor Vader God...Sy bloed was alle aanklagte weg...jy weet mos daardie aanklagte dat jy nie n goed-genoeg mamma of vrou is nie:
jy sien 'n ander kind se kosblik en trap in die lokval van vergelyking...of 'n ander mamma kom ge-"make up" en ge-"polish" by die skool aan en jy is in 'n sweetpak broek met jou hare in n bokstert...of dit voel of jou dag gekenmerk word deur talle "mini meltdowns" tussen jou en jou peuters...of jou geduld is te min, jou woorde te hard, jou wysheid skiet kort...Jesus sê: Ek het klaar betaal, dit is volbring...Ek gaan verheerlik word deur en in jou gebrokenheid!
Wanneer jy loop deur die vallei van doodskaduwee...deur daai donker, diep kloof waar al jou vooraf uitgewerkte antwoorde en verklarings nie meer werk nie...wanneer niks sin maak...dit lyk of daar niks is om voor te hoop...hoef jy nie te vrees nie, want Jesus is by jou...ek weet party mense sien dit anders, maar ek besef net al hoe meer dat God nie beloof niks slegs gaan ooit met ons gebeur nie...Hy beloof wel dat Hy by ons sal wees...en dat Hy weet, selfs van elke haar wat van ons kop afval. In die doodskaduwee sê Jesus steeds ek het KLAAR betaal sodat jy die genade en GENESING kan ontvang wat jy nodig het...
Hy berei vir jou 'n feesmaal, voor die oë van al jou vyande...mag jy midde-in jou groot krises (siekte, finansiële of huweliks probleme, kind wat sukkel) of klein krises ('n peuter wat nie 'n trui wil aantrek, die hoeveelste glas gemorste koeldrank) beleef hoe God jou as eregas verwelkom... jou kop salf met olie (jou toerus vir die situasie) en jou beker(jou hart? jou energie? jou geduld?) OORvol maak!
Net GOEDHEID en GUNS sal jou vergesel al die dae van jou lewe...mag jou oë oopgaan om te sien hoe en waar Vader God jou seën...waar Hy jou guns gee...waar Hy voorsien het.
en jy sal bly in die Huis van jou Vader, al die dae van jou lewe...mag jy nie vasgevang raak in die tydelikheid van die oomblik of van vandag nie...mag jy onthou dat jy n HUIS het, 'n veilige plek het, by Abba Vader (Pappa God)!!
Al my liefde en seën vir jou! Mag jy veilig en geliefd voel hierdie week!
jou mamma-kameraad-vriendin
leandri
Watter openbaring van Jesus help jou op hierdie stadium? Waarmee sukkel jy vandag? Waaroor kan ons saambid vir jou? Los gerus 'n "comment" en kom ons bou saam 'n gemeenskap van mamma's wat mekaar ondersteun!
PS:Weet nie hoe om te "comment" ? Kies die opsie "name/url" en tik net jou naam in...en daar gaan jy!
Watter openbaring van Jesus help jou op hierdie stadium? Waarmee sukkel jy vandag? Waaroor kan ons saambid vir jou? Los gerus 'n "comment" en kom ons bou saam 'n gemeenskap van mamma's wat mekaar ondersteun!
PS:Weet nie hoe om te "comment" ? Kies die opsie "name/url" en tik net jou naam in...en daar gaan jy!
Dit voel of jy dit spesiaal vir my geskryf het! Ek sit vandag by die werk met 'n bokstert en onderlaag wat hopeloos te donker is vir my velkleur en en en... maar dis ok, want ek is sy Beminde en alles wat met my gebeur moet eers deur Hom gaan.
ReplyDeletedankie mollie! (haha vir die onderlaag!)
ReplyDeleteja is dit nie n wonerlike openbaring nie! gee my soveel vrymoedigheid om vandag te 'face'...bokstert en al!
seen vir jou vir vandag en mag jy die Goeie Herder se Hand duidelik in jou lewe sien!