![]() |
| Aspris lewe |
die laaste ruk was 'n besige, rowwe, dol tyd...
voel of ek dit heeltemal te gereeld sê...
en dit raak dan die verskoning vir 'n sms wat nie gestuur word nie...
'n verjaarsdag wat gemis is...
n telefoonoproep wat nie gemaak is....
'n ongeduldige mamma wat nie wil speel Shalome is n klein katjie nie...
'n kwaai mamma as Hannes die deur (van die enigste komkuiskas met deure) oop kry en pasta en asyn en wat nog als op die vloer mors...
'n moeë mamma wat nie saam met Mary-Jane wil motte vang in die badkamer...en...en....
ek hou nie hiervan!
ek hou nie van die gevoel dat die lewe net gebeur en ek saam gesleep word van een ding na die volgende...
ek hou nie daarvan dat ek nie energie het om meer gedoen te kry...
EK HOU NIE DAARVAN OM HEELTYD MOEG TE VOEL NIE...
ek hou nie daarvan dat ek die uur(e) voor Rudi huis toe kom, omwens...
my deurmekaar huis vang my: ek hou nie daarvan dat ek nie in n vertrek kan sit, sonder om te sien wat ek nog als moet doen...wil doen... of nie gedoen het nie...
ek hou nie daarvan dat ek heeltemal te veel vir die kinders sê: "nie nou nie" of "miskien later" of bloot net "nee"...en dit dan gewoonlik net omdat ek te moeg is of, die waarheid? net nie LUS is nie!
ek hou nie van die gevoel wat die samelewing aan my probeer afsmeer dat ek beisg is om op iets uit te mis as ek nie hierdie tv-program kyk, of op daardie reis gaan. of so ervaring beleef het nie.
vanoggend wil ek STOP...en dink...en bevraagteken.
hoeveel van waarmee besig is, is WERKLIK belangrik?
wat het ewigheidswaarde...of gaan selfs oor een, vyf of tien jaar n verskil maak?
gaan ek en rudi, oor tien jaar, mekaar op die skouer klop, as ons die huis aan die kant kon hou, die hele tyd wat ons kinders klein was...of wil ons eerder sê ons het gestop en geluister as hul praat, ons het saam gespeel op die mat, saam geverf, saam plaas gebou in die sand...saam geLEEF.
'n woord wat ek begin raak lees op die internet en wat ek weet relevant is vir my en resoneer met my binneste is "intentional living"
kon nog nie 'n lekker afrikaanse vertaling kry wat vir my getrou die betekenis beskryf. doelgerig lewe of doelbewus lewe...klink...wel...te DOELgerig en ek dink nie dis heeltemal die idee.
dit gaan eerder om te KIES om die lewe te LEEF, om te stop om die rose te ryk...
om nie so gejaagd en moeg te wees, dat jy al die spesiale oomblikke mis nie.
dis om ASPRIS te lewe...in 'n positiewe sin....
om ASPRIS te kies om die vuil skottelgoed te los vir later en saam jou driejarige legkaart te bou (of motte te jag)
om te STOP en te luister as jou vyf jarige 'n storie vertel...want iewers is daar dalk n oomblik, wat sy die venster van haar hart oopmaak, en wat jy die geleentheid het om te sien wat regtig aangaan...en om dalk iets waardevols te deponeer (of te ontvang)
dis om ASPRIS, doelbewus minder aktiwiteite te doen...om MEER tyd te hê om jou kinders (en huweliksmaat) werklik goed te leer ken.
om ASPRIS meer WAKKER en IN-DIE-OOMBLIK te leef...eerder as om die tyd om te wens, of te wag vir die perfekte omstandighede (meer geld, ouer kinders, lekkerder werk)
om APSRIS DANKBAAR te wees. om ASPRIS 'n gesindheid van dankbaarheid te kweek. dankbaar vir jou kinders, man, huis, kar, stoute honde (moeilike een!), familie-lid wat jou irriteer(ha-ha)...
om ASPRIS minder GOETERS bymekaar te maak...wat ek dan moet skoon en aan die kant hou.
om ASPRIS minder te KOOP sodat ek meer kan GEE.
om ASPRIS meer dingte te doen wat my gees, siel en liggaam voed...
maar nou....nou is Hannes wakker en my dag moet begin...en ek wil ASPRIS vandag gaan lewe...elke oomblik daarvan
lekker naweek vir julle almal...of as jy hierdie eers maandag lees...lekker week vir jou vol van ASPRISTE keuses om meer te LEEF
liefde en seen,
leandri

Hou veral van die deel ASPRIS minder te koop om meer te GEE!!!
ReplyDeleteWow want koop mens nie maar eintlik sodat hulle hulself langer kan besig hou sodat jy meer tyd het vir jouself nie!!
Hulle gaan groot word en daar gaan TE veel tyd wees vir menself!!
Dankie Leandri ek leef of probeer sover moontlik saam jou aspris en deurdenkte keuses maak
Hi ek is soooo verras om te sien jyt i blog.Ekt nou lekker gelees en sien myself so paar jaar terug...nou is my ou kindertjies groot en eks nou veronderstel om i netjiese huis te he en baie tyd vir myself...en nogsteeds kry ek dit nie reg nie.Want nou spook ek alweer om hulle deurdie Universiteit te kry.Tog as ek terugkyk voel ek soooo tevrede dat ek hulle hier opdi platteland kon grootmaak...dat ek bydie huis was.Liewe Jesus is sooooo goed vir my.Julle moet die naweek geniet en kom drink bietjie koffie.Groete vir jou sterk man en oulike dierbare kindertjies.xxx
ReplyDelete