Saturday, 8 December 2012

in vergelyking met...


in vergelyking met...

dit was(soos gewoonlik!!!) 'n dolle gejaag om almal gereed te kry vir kerk...
Mary-Jane het, met die irrasionaliteit en hardkoppigheid wat net 'n driejarige kan bymekaar skraap, besluit dat sy die VUIL(!!) hempie, waarmee sy gisteraand op die bank aan die slaap geraak het (ja, sy het nie gebad nie) weer wil aantrek kerk toe...
Shalome se hare het twee-dae oue koeke in (nee, het nie saterdag hare gekam nie)... 
en klein baba Hannes wil op geen ander plek as sy Ma se heup wees nie...
en natuurlik die kersie...
ek en Rudi baklei toe sommer lekker oor alles!

in die kerk kyk ek dan na ander mamma's...en hier is die lokval...ek begin vergelyk.. 

ek kyk na hierdie ander mamma's en dit lyk of hulle alles "together" het...

ek begin dan ook sommer die leuen-gevulde details invul dat hulle huise silwer skoon en aan die kant is, dat hulle kinders nooit baklei nie, dat hulle seker ELKE ete 'n gesonde bord kos vir hul gesin voorsit (nooit, OOIT, 2 minute noodles), dat hulle nooit vloek of kwaad word (nie eers in hul gedagtes), nooit van die dorp af plaas toe ry met al drie passasiertjies aan die huil...en as dit gebeur, sal sy dit natuurlik baie goed hanteer...nooit raas en skree of sommer self begin huil nie...o nee, want sy het haar lewe agtermekaar, haar beplanning is perfek, haar hormone altyd in perfekte balans, haar hare en grimering foutloos en sy brand nooit haar rys nie!!! 

as ek hierdie skryf, besef ek hoe belaglik dit is...en tog...

ek het iewers op die internet hierdie aanhaling gelees "the reason we feel insecure is because we are comparing our 'behind-the-scenes' with someone else's highlight reel"

vir my is die GROOT probleem met vergelyking dat dit jou van LIEFDE wegrokkel...

jou fokus verskuif van God se ONVOORWAARDELIKE liefde vir jou en vir ander...

want kom ons wees nou eerlik, met vergelyking is daar maar altyd iemand beter af...en iemand slegter af...

jy moet kies: die paadjie van OF minderwaardigeheid OF trots...

en altwee lei na liefdelose gedagtes...oor jouself of die ander persoon...

maar hier is die goeie nuus vir my en jou...daar is 'n 'exit'...
ons hoef nie op hierdie paadjies aan te hou nie...
ons kan afklim...en stop...
en op Sy skoot klim...en vra...
om Sy hart van liefde vir jou te wys...hoe lief hy vir jou is...hoe TEVREDE hy is met jou (en jou kinders...deurmekaar hare en al!)...hoeveel Sy genade is...dat die PRYS wat hy betaal het GENOEG was...
vir jou...en al die ander mamma's!...

so nou kan ek na my (honds)dol sondag oggend kyk en lag (en daaroor skryf)...
en ek kan na die ander mamma's kyk en bly wees vir hulle...
bly wees SAAM met hulle dat hulle al iets kon uitfigure van hierdie WONDERLIKE, moeilike en partykeer downright terrifying ding wat ons moederskap noem!

die ander ding met vergelyking is dat dit teen spoed van wit lig elke tikkie vreugde en tevredenheid laat wegsypel...
MAAR nou is my huisgesin wakker en my man HONGER...en as 'n man HONGER is...

so groete en liefde en BAIE SEEN vir al julle lieflike mamma's daarbuite!

Leandri 

PS: doen jouself 'n guns en gaan lees ook hierdie goeie post oor vergelyking deur Lisa Byrne (the quickest way to rob your life of happiness)
 
dit sal wonderlik wees as jy kan deelneem aan die gepsrek in die COMMENTS! vergelyk jy ooit met ander? watter "exits" het jy al ontdek?






 

7 comments:

  1. My liefste vriendin, al wat ek kan se is dat dit beter raak as die kids groter word, dis nou die Sondagoggende sal malle gejaag en baklei oor wie wat aantrek(wat vir my werk is om die aand voor die tyd almal, myne inkluis, se klere klaar uit te sit) Maar voor die vergelyk storie knak ek nog baie. Op FB lyk almal se lewens perfek, pragtige huise en mamma's met maer, sexy lywe.Ek sien daar foto's van 'n kinderpartytjie waarheen my kids nie genooi is, ens. Hoekom is my kids nie springbokatlete en die beste presteerder in die klas nie en en en... En dan kyk ek weer na my "eenvoudige" huisie met sy pragtige tuin wat my man self so mooi onderhou, my gesonde,slim, oulike kindertjies, my "man van God" dierbare man en ek besef, 'n pragtige deel is vir afgemeet, wat ek ontvang het is vir my mooi.

    ReplyDelete
    Replies
    1. baie bly om dit te hoor mollie!

      jy het die ander 'exit', waaroor ek nog wil skryf, so goed beskryf: DANKBAAARHEID..

      Delete
    2. en BAIE DANKIE vir jou deelname en ONDERSTEUNING (en bemarking vd blog HAHA)...jy is n kosbare, dierbare vriendin!

      Delete
  2. Ag al wat ek wil se is dat dit my sielsgelukkig maak om jou blog te lees! Dankie dat jy als so "real" hou! Wens ek het jou beter geken op "Varsity"

    ReplyDelete
    Replies
    1. ag dis wonderlik om te hoor!

      ja dis snaaks hoe die lewe loop...lekker dag saam jou lieflike (AVONTUURLISTIGE) dogtertjie!

      Delete
  3. charlotte grobler9 December 2012 at 14:24

    Ek het altyd die gesegde van 'erkenning is die eerste stap van genesing'. Hoe bevrydend is dit nie om jou blog te lees en met vrymoedigheid net asem uit te blaas en te sĂȘ: wow! Daar's nog mammas wat soms ontspoor voel soos ek. Ek erken dus dat jy verseker nie al een is wat met vergelykings, ect battle nie. Baie dankie Leandri...die wete dat ek nie 'n 'alien' is nie, gee my weer nuwe moed. liefde

    ReplyDelete
    Replies
    1. ag dankie charlotte...so bly jy het hier 'n draai kom maak!
      ja dit maak my ook baie vry as ek hoor ander mamma's sukkel ook met die goed...
      dis hoekom ek ook probeer om eerlik en "real" te wees - dat ons net kan ophou om die leuen te glo dat ons alleen, 'aliens' of mislukkings is net omdat ons "behind-the-scenes" partykeer rof lyk :-)

      Delete