Saturday, 8 December 2012

in vergelyking met...


in vergelyking met...

dit was(soos gewoonlik!!!) 'n dolle gejaag om almal gereed te kry vir kerk...
Mary-Jane het, met die irrasionaliteit en hardkoppigheid wat net 'n driejarige kan bymekaar skraap, besluit dat sy die VUIL(!!) hempie, waarmee sy gisteraand op die bank aan die slaap geraak het (ja, sy het nie gebad nie) weer wil aantrek kerk toe...
Shalome se hare het twee-dae oue koeke in (nee, het nie saterdag hare gekam nie)... 
en klein baba Hannes wil op geen ander plek as sy Ma se heup wees nie...
en natuurlik die kersie...
ek en Rudi baklei toe sommer lekker oor alles!

in die kerk kyk ek dan na ander mamma's...en hier is die lokval...ek begin vergelyk.. 

ek kyk na hierdie ander mamma's en dit lyk of hulle alles "together" het...

ek begin dan ook sommer die leuen-gevulde details invul dat hulle huise silwer skoon en aan die kant is, dat hulle kinders nooit baklei nie, dat hulle seker ELKE ete 'n gesonde bord kos vir hul gesin voorsit (nooit, OOIT, 2 minute noodles), dat hulle nooit vloek of kwaad word (nie eers in hul gedagtes), nooit van die dorp af plaas toe ry met al drie passasiertjies aan die huil...en as dit gebeur, sal sy dit natuurlik baie goed hanteer...nooit raas en skree of sommer self begin huil nie...o nee, want sy het haar lewe agtermekaar, haar beplanning is perfek, haar hormone altyd in perfekte balans, haar hare en grimering foutloos en sy brand nooit haar rys nie!!! 

as ek hierdie skryf, besef ek hoe belaglik dit is...en tog...

ek het iewers op die internet hierdie aanhaling gelees "the reason we feel insecure is because we are comparing our 'behind-the-scenes' with someone else's highlight reel"

vir my is die GROOT probleem met vergelyking dat dit jou van LIEFDE wegrokkel...

jou fokus verskuif van God se ONVOORWAARDELIKE liefde vir jou en vir ander...

want kom ons wees nou eerlik, met vergelyking is daar maar altyd iemand beter af...en iemand slegter af...

jy moet kies: die paadjie van OF minderwaardigeheid OF trots...

en altwee lei na liefdelose gedagtes...oor jouself of die ander persoon...

maar hier is die goeie nuus vir my en jou...daar is 'n 'exit'...
ons hoef nie op hierdie paadjies aan te hou nie...
ons kan afklim...en stop...
en op Sy skoot klim...en vra...
om Sy hart van liefde vir jou te wys...hoe lief hy vir jou is...hoe TEVREDE hy is met jou (en jou kinders...deurmekaar hare en al!)...hoeveel Sy genade is...dat die PRYS wat hy betaal het GENOEG was...
vir jou...en al die ander mamma's!...

so nou kan ek na my (honds)dol sondag oggend kyk en lag (en daaroor skryf)...
en ek kan na die ander mamma's kyk en bly wees vir hulle...
bly wees SAAM met hulle dat hulle al iets kon uitfigure van hierdie WONDERLIKE, moeilike en partykeer downright terrifying ding wat ons moederskap noem!

die ander ding met vergelyking is dat dit teen spoed van wit lig elke tikkie vreugde en tevredenheid laat wegsypel...
MAAR nou is my huisgesin wakker en my man HONGER...en as 'n man HONGER is...

so groete en liefde en BAIE SEEN vir al julle lieflike mamma's daarbuite!

Leandri 

PS: doen jouself 'n guns en gaan lees ook hierdie goeie post oor vergelyking deur Lisa Byrne (the quickest way to rob your life of happiness)
 
dit sal wonderlik wees as jy kan deelneem aan die gepsrek in die COMMENTS! vergelyk jy ooit met ander? watter "exits" het jy al ontdek?